deur AfriForum | Jul 21, 2020 | Korona (Covid-19 ), In die gemeenskap, Onderwys- en leierskapsprojekte Mediaverklarings, Mediaverklarings
Die AfriForum-tak in George het nege hulppakkette aan kleuterskole in die dorp versprei as deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is. Die skolehulppakkette bevat COVID-19-inligtingstukke, patrone vir...
deur AfriForum | Jul 21, 2020 | Mediaverklarings, Buurtwag Mediaverklarings
AfriForum se Matlabas-Suid-plaaswag in Thabazimbi en Matlabas-Noord-plaaswag in Ellisras, asook AfriForum se Ellisras-buurtwag het die afgelope twee weke ’n massa-aksie in samewerking met hul onderskeie SAPD-stasies gehou. Verskeie plaas- en buurtwaglede het by ses...
deur AfriForum | Jul 21, 2020 | Mediaverklarings, Buurtwag Mediaverklarings
Die burgerregteorganisasie AfriForum se Nelspruit-buurtwag het in samewerking met ACS Security, Hi Tech Security en MBM Protection Services ’n grondbesetting op die plaas Cromdale buite Nelspruit afgeweer. Grondgrypers het op 4 Julie 2020 een van die boere se grond...
deur AfriForum | Jul 20, 2020 | Mediaverklarings, Buurtwag Mediaverklarings
Die AfriForum-buurtwag in Benoni se SNIPR-kameramoniteringsprojek het op 13 Julie 2020 gehelp dat PHP Security en die SAPD drie verdagtes in hegtenis kon neem wat vir verskeie diefstalsake gesoek is. Die SNIPR-kameras het ’n verdagte voertuig danksy dié voertuig se...
deur AfriForum | Jul 20, 2020 | Gemeenskapsake Mediaverklarings, Mediaverklarings
Die AfriForum-tak in Bethal het op 16 Julie 2020 weer begin om slaggate in dié dorp se sentrale sakegebied te herstel. Tien vrywilligers het vroegoggend begin om die slaggate in Jabulani Selepi-, Clerq- en Markstraat met 150 sakkies teer te herstel. Die projek is...