Header Artwork
Alfa-buurtwag trek OTM-bedrieër in Hermanus vas

AfriForum se Alfa-buurtwag in Hermanus het op 16 Februarie 2020 in samewerking met die SAPD, ander wetstoepassingsowerhede, Hermanus Public Protection (HPP) en privaat sekuriteit ’n verdagte wat by ’n beweerde OTM-bedrogsindikaat betrokke is, vasgetrek. Twee van die buurtwaglede het omstreeks 16:00 een van die sindikaat se bekende voertuie gewaar en dit aangemeld.

Die verdagte het probeer vlug nadat hy gewaar is, maar hy is met ’n kamerastelsel opgespoor, waarna nóg buurtwaglede, die SAPD en die owerhede geaktiveer is. Ná goeie samewerking en parate optrede tussen al die rolspelers is die verdagte in Onrus gearresteer.

“Ons is dankbaar vir die oplettendheid van die buurtwaglede, asook alle rolspelers se samewerking. Ons probeer altyd om die SAPD by te staan en ten volle te ondersteun om ons gemeenskap veilig te hou,” sê Lourens Theron, voorsitter van AfriForum se Alfa-buurtwag.

Raak vandag nog by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke: SMS “Veilig” na 45353 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN