Header Artwork


AfriForum het vandag ’n oorwinning teen onwettige grondgrypers en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die Noord-Gautengse hoë hof behaal. Die oorwinning volg ná ’n dringende aansoek gebring is om die SAPD te verplig om grondgrypers te verwyder wat grond onwettig in De Wildt in die Noordwes beset het. Die regskoste van dié aansoek word betaal uit fondse wat Julius Malema en die EFF aan AfriForum betaal het nadat hy en die party verskeie sake met koste teen AfriForum verloor het. Een van die sake het juis gehandel oor Malema wat mense in die publiek aanhits om grond te beset.

“Behalwe vir die ironie dat Malema nou inderwaarheid betaal om grondgrype hok te slaan, is hierdie weer eens ’n oorwinning vir AfriForum in die stryd om eiendomsreg in Suid-Afrika te beskerm en die SAPD te verplig om die regmatige eienaars van grond met die beskerming van hul grond behulpsaam te wees,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.
“AfriForum werk nou reeds vir sowat drie weke lank saam met die spesifieke gemeenskap om die SAPD te probeer oorhaal om die wettige eienaars se regte te beskerm, maar ons is genoodsaak om ons tot die hof te wend omdat die SAPD weier om betredingsake te open en die wettige grondeienaars by te staan,” sê Marnus Kamfer, regs-en-risikobestuurder by AfriForum se gemeenskapsveiligheidafdeling.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN