Die COVID-19-pandemie het ’n tydelike stilte oor die omstrede kwessie van onteiening sonder vergoeding gebring. Dit is egter ’n uitgemaakte saak dat die ANC-regering nog nie van sy planne afgesien het nie om Artikel 25 van die Grondwet te wysig om onteiening van grond sonder vergoeding moontlik te maak. AfriForum veg teen onteiening sonder vergoeding en is ook sedert 2018 in ’n regstryd gewikkel om die grondwetlike hersieningskomitee se verslag, waarin aanbeveel word dat die Grondwet gewysig moet word, as ongeldig te verklaar weens verskeie prosedurele gebreke in die aanloop tot die aanvaarding van die verslag. Die hofsaak hieroor word eerskomende Woensdag en Donderdag ( 16 en 17 September) in die hooggeregshof in Kaapstad aangehoor. Kyk hier.
Soek
Onlangse nuus
- Forum Nuus: Die week se blitsflits
- AfriForum verwelkom rehabilitasie van Vryburg-vullisterrein
- Forum Nuus: Forum Sekuriteit wil veiligheid by skole verseker
- AfriForum se Belfast-tak kies nuwe bestuur
- AfriForum inspekteer Modimolle-rioolaanleg
- AfriForum dien korrupsieklag teen Fikile Mbalula en Departement van Vervoer in
- Tatjana en Bianca in ekstase oor prysgeld en steun van publiek
- Bring jou klein “prins” of “prinsessie” vir kinderboekvoorlesing by die AfriForum Teater
- Nuwe kameras help om Malalane te beveilig
- Stop lisensie-uitbuitery!