Header Artwork
AfriForum verwelkom skoonmaak van begraafplaas

AfriForum verwelkom die Moqhaka-munisipaliteit se spoedige optrede om die rioollek by die konsentrasiekampbegraafplaas in Kroonstad te herstel nadat die organisasie die munisipaliteit op 25 Februarie 2020 op terme geplaas en 48 uur gegun het om die lek te herstel.

Die Moqhaka-munisipaliteit het op 27 Februarie laatmiddag begin om die lek oop te grawe sodat hulle dit kan herstel. Die lek het veroorsaak dat riool en afvalwater oor die konsentrasiekampgrafte spoel wat erge skade aangerig het.

Die munisipaliteit het ook na die organisasie uitgereik en inligting oor die probleem en wanneer hulle beoog om dit ten volle te herstel verskaf. AfriForum het hulp in dié verband aangebied en het ook ’n dringende vergadering vir Maandag 2 Maart belê om die situasie te bespreek.

“AfriForum sal deurentyd druk op die munisipaliteit uitoefen en opvolg oor wanneer die probleem heeltemal herstel gaan word. Dié begraafplaas vorm ’n groot deel van ons erfenis, en daarom is dit uiters belangrik om dadelik aandag aan probleme te gee wat ons erfenis bedreig,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland.

AfriForum se Kroonstad-tak nooi die gemeenskap uit om by die organisasie se projekte en aksies betrokke te raak. Sluit by AfriForum aan en word deel van die oplossing: SMS “Kroonstad” na 31481 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN