Header Artwork


Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag die parlementêre komitees vir landbou, bosbou en visserye, en ook polisie, asook die gekose komitee vir veiligheid en geregtigheid in briewe versoek om toegelaat te word om dié komitees toe te spreek en die organisasie se inligting oor plaasaanvalle en -moorde te deel. Dit volg op die besluit van Baleka Mbete, speaker van die Nasionale Vergadering, om ’n debat oor plaasaanvalle en -moorde in die Nasionale Vergadering toe te laat.

“AfriForum staan aan die spits van die geveg teen plaasaanvalle en -moorde, en het danksy jare se navorsing en onderhoude met slagoffers, hul gesinne en vriende waardevolle inligting en insigte waarvan, so voel ons, lede van dié komitees moet kennis neem,” sê Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum.

AfriForum is van mening dat die parlement dit aan die slagoffers, hul gesinne en die Suid-Afrikaanse landbougemeenskap verskuldig is om die organisasie toe te laat om uiting aan sy bekommernisse te gee.

“Ons hoop om sonder verwyl ’n antwoord van die onderskeidelike sekretariate te ontvang, waarna ons die nodige reëlings sal tref om die onderskeie komitees toe te spreek,” sê Roets.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN