Header Artwork


AfriForum het vandeesweek Hartbeespoort, Brits en Mooinooi se drinkwatergehalte as deel van die burgerregte organisasie se nasionale blou-en-groendruppelprojek getoets en vasgestel dat dit skoon is.

“Ons kon vasstel dat hierdie drie dorpe, in die Madibeng munisipalegebied, se drinkwater skoon is en geen swaarmetale bevat nie. Bakterieëvlakke voldoen ook aan gestelde standaarde. AfriForum gaan die watergehalte deurlopend toets om die grondwetlike regte van die dorpe se inwoners te beskerm en te verseker dat hulle van skoon drinkwater voorsien word,” sê Fanie Smit, voorsitter van AfriForum se Hartbeespoort-tak.

AfriForum gaan op ’n latere stadium dié dorpe se rioolwater toets en die resultate bekendmaak.
AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek fokus op die stand van dorpe se drinkwater en rioolaanlegte. Dié projek fokus nie noodwendig op die toestand van die aanleg self nie, maar wel op die gehalte van die water wat ná die proses as eindproduk in die vorm van drinkwater (bloudruppel) en behandelde rioolwater (groendruppel) gelewer word.

“Ons versoek die inwoners van Hartbeespoort, Brits en Mooinooi om aan AfriForum die mandaat te gee om die watergehalte voortdurend te moniteer. SMS jou dorp se naam na 45351 om dié aksie te ondersteun. Elke SMS kos R1,” sê Tiaan Oosthuizen, distrikskoördineerder vir Noordwes.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN