Header Artwork
AfriForum-takke woon GOP-werkswinkel in Bellville by

AfriForum se takke in Kaapstad-Noord, Kraaifontein, Overstrand, Stellenbosch en Vredendal het op 8 Oktober 2019 ’n werkswinkel in Bellville bygewoon. Die werkswinkel, wat oor deelname aan die hersieningsproses van dié takke se onderskeie munisipale geïntegreerde ontwikkelingsplanne (GOP) gehandel het, is aangebied deur Deidré du Preez, AfriForum se raadgewer by plaaslikeregeringsake.

Die werkswinkel was spesifiek toegespits op die deelname van takbesture aan volgende jaar se GOP-proses en hoe om kommentaar daarop te formuleer en te verfyn. Takbesture gaan op munisipale verordeninge, die munisipaliteit se ruimtelike ontwikkelingsplan en die sonering van verskeie oop gebiede fokus.

“AfriForum bied die opleiding aan sodat ons takke aktief betrokke kan raak by GOP-prosesse en die openbare vergaderings wat vroeg in 2020 deur die onderskeie munisipaliteite gehou word. Dit is belangrik dat ons gemeenskappe seggenskap het oor hoe hulpbronne in die onderskeie dorpe aangewys word,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

AfriForum moedig inwoners aan om GOP-gemeenskapsvergaderings in hul dorpe by te woon en munisipale kwessies aan hul takbesture deur te gee.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN