Header Artwork


Die AfriForum-tak in Vryburg het op 22 Februarie 2017 bale Oulandsgras aan boere in die Lykso-omgewing uitgedeel. Hoewel die gebied reeds baie reën gehad het, het sommige boere steeds ’n tekort aan ruvoer gehad.
Ters Pretorius van Telwiedré Voere in Heilbron het die voer geskenk en AfriForum het vir die vervoer van die bale betaal.

“Ek bedank graag namens die boere vir Ters Pretorius vir die voer en AfriForum vir die vervoer daarvan. Dit maak ’n mens se hart warm as boere mekaar se nood raaksien en hulp verleen,” sê Alta Pretorius-Swart, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Vryburg” na 45351 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN