Header Artwork
AfriForum soek duidelikheid oor Departement van Basiese Onderwys se stelling oor entstofregistrasie   

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag in ’n skrywe aan die Departement van Basiese Onderwys duidelikheid versoek oor die stelling wat die Departement luidens ’n mediaverklaring gemaak het dat ouers en voogde van leerders verplig sal word om te registreer as deel van die Departement van Gesondheid se beplande inentingsprogram.

Volgens Natasha Venter, bestuurder vir onderwysregte by AfriForum, is die organisasie nie gekant teen die toediening van die entstof nie. “Dit behoort egter elke persoon se keuse te wees of hy/sy, asook sy/haar kinders, ingeënt wil word. Pres. Cyril Ramaphosa het die land herhaaldelik verseker dat niemand verplig sal word om die entstof te ontvang nie, maar die Departement van Basiese Onderwys se stelling oor verpligte registrasie vir die inentingsprogram strook nie hiermee nie.”

Die burgerregteorganisasie wil onder meer die volgende by die Departement weet:

  • Wat die doel van die registrasie is.
  • Of ouers en voogde verplig gaan wees om te registreer, asook wié hulle moet registreer (hulself of hul kinders/pleegkinders).
  • Vir watter doel die register gehou sal word.
  • Of leerders by openbare skole gedwing sal word om die entstof te kry.

“Alle navorsing dui daarop dat kinders en jongmense die simptome van die virus minimaal indien enigsins ervaar. Dit maak dus nie redelikerwys sin dat só ’n register nodig is nie. Indien die regering met hierdie registrasieproses beoog om die inenting van leerders by openbare skole verpligtend te maak, sal AfriForum dit beveg,” sluit Venter af.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN