Header Artwork
AfriForum se Witrivier-buurtwag ontvang protospanopleiding

Die AfriForum-buurtwag in Witrivier het op 29 Augustus 2020 protospanopleiding vir lede aangebied wat oor basiese handwapenhantering fokus. Lede wat dié opleiding bygewoon het, beskik oor wettige vuurwapenlisensies.

Die opleiding word aangebied om te verseker dat lede bevoeg is en binne die raamwerk van die wet optree. Dit is noodsaaklike omdat protospanlede gereeld aan verskeie situasies blootgestel word. Só situasie het juis op 26 Augustus opgeduik toe lede gereageer het op ’n plaasaanval waartydens twee slagoffers gewond is.

“Goeie opleiding verseker dat ons lede volgens die wet optree. AfriForum bied ook ondersteuning aan lede tydens patrollies en noodoptredes,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se hoof van Gemeenskapsveiligheid vir die noordstreek.

Sluit vandag nog by AfriForum se Witrivier-tak en -buurtwag aan en word deel van die oplossing: SMS “Witrivier” na 45350 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN