Header Artwork


Die burgerregte-organisasie AfriForum se Warrenton-tak het op 20 Februarie 2017 met die burgemeester van Magareng Plaaslike Munisipaliteit en die plaaslike besigheidskamer vergader. Dít volg nadat die tak verskeie gemeenskapsprobleme en -prioriteite geïdentifiseer het waaraan hulle graag deur die loop van die jaar wil aandag skenk.
Die burgemeester het AfriForum met ope arms verwelkom en sy ondersteuning aan die tak uitgespreek.

“Ons is baie opgewonde om saam met die munisipaliteit te kan werk. Dit is waarom ons hier is: Ons wil saamwerk en ’n verskil maak in ons dorp,” sê Nanette Flemming, voorsitter van AfriForum se Vaalharts-tak.
“Hierdie aangeleentheid wys dat AfriForum en munisipaliteite wel kan hande vat. AfriForum wil nie die munisipaliteite se werk oorneem nie, maar ons wil hulle ondersteun en verbetering teweegbring waar moontlik,” sê Linja van Wyk, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Noord-Kaap.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN