AfriForum se Upington-tak het oor die afgelope vier weke meer as 300 brode geskenk aan die Rosedale-sopkombuis. Rosedale is ’n gemeenskap in Upington wat in armoede gedompel is weens erge werkloosheid. Die gemeenskap ontvang geen hulp van die regering nie. Dus het die plaaslike gemeenskap en AfriForum besluit om ’n verskil te maak.
Sowat 80 brode word daagliks deur Gemsbok Bakkery aan AfriForum geskenk om aan die sopkombuis in Upington te gee. Die ander sopkombuise in die gebied is in Kalksloot en Pabalello waar kos en brood ook gereeld geskenk word.
“AfriForum se Upington-tak bedank Gemsbok Bakkery vir die skenkings. Die skenkings maak dit moontlik om ’n werklike verskil in die gemeenskap te maak,” sê Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari-streek.
Maak vandag nog ’n verskil in jou gemeenskap en raak betrokke by jou plaaslike AfriForum-tak: SMS jou naam na 45350 (R1).