Header Artwork


Lede van AfriForum se Upington-buurtwag het tydens Junie 2017 patrollie-opleiding ontvang. Die buurtwag vorm deel van AfriForum se plaaslike takstruktuur en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die polisie in tye van nood by te staan.
Volgens Gonda Louw, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Noord-Kaap, is professionele opleiding noodsaaklik vir elke veiligheidstruktuur.

“AfriForum se buurtwaglede moet te alle tye binne die raamwerk van die reg optree. Dit is verder belangrik dat buurtwaglede die korrekte opleiding ontvang – vir sowel hul eie as die gemeenskap se veiligheid.”
“Die AfriForum-buurtwag is hier om ’n daadwerklike verskil te maak en te help om misdaad te bekamp. Ons moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak en nooi alle veiligheidstrukture uit om saam met die buurtwag te werk,” sê Steven van Tonder, voorsitter van AfriForum se Upington-tak.
“Hoe meer mense betrokke raak, hoe groter die impak en verskil wat ons in Upington kan maak,” voeg Van Tonder by.

SMS “Buurtwag” na 32532 (R1) om betrokke te raak.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN