Die burgerregte-organisasie AfriForum se Stellenbosch-tak het op 3 Junie 2019 ’n nuwe bestuur verkies.
Die nuutverkose takbestuur bestaan uit Karin Hanekom (voorsitter), Gabriele Snyman (ondervoorsitter), Antoinette Tigar (sekretaris), Douglas Scholtz (tesourier), Jac Pietersen (voorsitter: gemeenskapsveiligheid), Ria Crafford (voorsitter: omgewingsake) en Pieter Burger (projekte en werwing).
Die bestuur is baie trots om deel van AfriForum te wees en is gereed om hul take aan te pak.
“Ons sien daarna uit om ’n verskil in Stellenbosch se gemeenskap te maak,” sê Hanekom.
Raak vandag nog by AfriForum se Stellenbosch-tak betrokke: SMS “Stellenbosch” na 45342 (R1).