Header Artwork


Die AfriForum-buurtwag in Standerton het op 15 Augustus 2017 patrollie-opleiding ontvang. Tydens hierdie sessie is buurtwaglede ook opgelei in die korrekte radiogebruikprosedure.

“Die buurtwag vorm deel van AfriForum se plaaslike takstruktuur en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die polisie in tye van nood by te staan,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.
“Opleiding is belangrik vir alle veiligheidstrukture. Die buurtwag is hier om ’n verskil in ons gemeenskap te maak en verwelkom samewerking met alle veiligheidstrukture wat dieselfde doel nastreef,” sê Gerhard Moll, voorsitter van AfriForum se Standerton-buurtwag.
“Ons moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak by die plaaslike tak asook die buurtwag. Hoe meer mense betrokke is, hoe groter die verskil wat ons in Standerton kan maak,” sê Jaco Taljaard, voorsitter van AfriForum se Standerton-tak.

Raak vandag by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Buurtwag” na 45350 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN