Header Artwork
AfriForum se Springs-tak skenk handreiniger en gesigmaskers

Die AfriForum-tak in Springs het op 18 April 2020 handreiniger en gesigmaskers aan die gemeenskap geskenk om hulle teen die opdoen van COVID-19 te help beskerm. Altesaam 64 bottels handreiniger is aan ESDA se versorgingseenheid en Rus-’n-Bietjie tehuis vir bejaardes geskenk.

Dít volg nadat die burgerregteorganisasie die afgelope twee weke ’n nasionale projek van stapel gestuur het waartydens 15 000 bottels handreiniger aan verskeie polisiestasies, nooddienste en ouetehuise geskenk is. AfriForum het op 15 April 2020 ’n verdere 4 000 bottels handreiniger en 3 200 gesigmaskers na sy 53 takke in die noordstreek versprei om gemeenskappe te ondersteun.

“Dit is baie belangrik dat ons gedurende die staat van inperking as gemeenskap moet hande vat om mekaar te ondersteun,” sê Stephanus (Butch) Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Oos-Rand.

AfriForum doen ’n beroep op gemeenskappe om die organisasie se Facebook-blad gereeld te besoek om die nuutste inligting oor die staat van inperking en COVID-19 te kry.

Raak vandag nog by AfriForum se Springs-tak betrokke en wees deel van die verskil: SMS jou naam na 45342 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN