Header Artwork
AfriForum se Sasolburg-tak spring flink weg in 2021

Die AfriForum-tak in Sasolburg het vanjaar fluks weggespring om die dorp netjies te hou aangesien die munisipaliteit in gebreke bly om dit te doen. Gedurende Januarie het dié tak reeds die gras in die volgende areas gesny: HF Verwoerd, by die Tharina-sentrum, die Wildkamp by Waterkant en Da Gama, Mosega, Magersfontein, De Wild, om die Hoёveldse Tuine, Nuwekloof en die kerk in Koeberg. Hulle het reeds 8,5 ha gras gesny, wat ’n groot verskil in die dorp maak.

Die tak het ook die plaaslike Solidariteit Helpende Hand-tak gehelp om ’n voedselskenking wat hulle ontvang het na die betrokke plekke toe te vervoer. Die inwoners van Brebnerstraat het onder leiding van Johan van der Westhuizen, ’n AfriForum-lid, slaggate opgevul wat later met teer gevul sal word aangesien dit op die betrokke dag te veel gereën het.

“Dit is verblydend dat die gemeenskap van Sasolburg nie tevrede is met die toestand waarin die munisipaliteit die dorp dompel nie en self inspring om dit te verbeter. Ek sien uit na die dag wat elke inwoner van die dorp self sal hand bysit en hulle eie strate en omgewing netjies sal hou,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mooirivier.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Sasolburg” na 31481 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN