Header Artwork
AfriForum se Roodepoort-buurtwag vorm deel van SAPD-sukses

Die AfriForum-buurtwag in Roodepoort het op 27 Augustus deel gevorm van ’n sukses onder leiding van die polisie toe ’n verdagte in hegtenis geneem is vir die besit van vermoedelik gesteelde kragkabels.

Buurtwaglede het inligting ontvang dat ’n wit bakkie wat vermoedelik gesteelde eiendom vervoer in die gebied opgemerk is. Die misdaadintelligensienetwerk het die polisie gekontak, waarna buurtwaglede hulp aan die Roodepoort-SAPD verleen het met die opvolg van inligting. Die voertuig is uiteindelik in Chamdor naby Kagiso opgespoor.

Die 46-jarige bestuurder van die voertuig is in hegtenis geneem en die gesteelde eiendom is later uitgeken as kabels van Eskom se elektriese netwerk ter waarde van sowat R70 000. Die polisie het daarop beslag gelê. Die verdagte word by die Kagiso-polisiekantoor aangehou en verdere ondersoek het gelei na ’n maatskappy in Florida. Die saak word verder ondersoek.

“Samewerking tussen die polisie en gemeenskapstrukture is besig om vrugte af te werp en is van kardinale belang in die bekamping van misdaad. Die polisie het hul tevredenheid met die vinnige opvolg van inligting en samewerking tussen die SAPD en gemeenskapstrukture uitgespreek,” sê Fanie Naudé, voorsitter van AfriForum se Roodepoort-tak.

Maak ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap deur vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag aan te sluit: SMS “Roodepoort” na 45341 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN