Header Artwork
AfriForum se Robertson-buurtwag ontvang veiligheidsopleiding

AfriForum het op 11 September 2019 die eerste van ’n reeks veiligheidsopleidingsessies aan lede van sy nuutgestigte Robertson-buurtwag gebied. Dié buurtwag is op 15 Augustus vanjaar gestig. Johandré van Zyl, AfriForum se veiligheidshoof vir die suidstreek, het tydens hierdie sessie regsaspekte van toepassing op patrollies behandel.

“Ons beplan om nóg opleiding aan die buurtwag te bied en het met basiese opleiding begin waarna gevorderde opleiding sal volg. Dit is vir ons belangrik dat buurtwaglede met kennis bemagtig word sodat hulle te alle tye binne die raamwerk van die wet optree,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Raak vandag nog by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke: SMS “Buurtwag” na 45265 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN