Header Artwork
AfriForum se Rayton-Cullinan-tak maak skoon om misdaad te verminder

AfriForum se Rayton-Cullinan-tak het gedurende Maart ’n skoonmaak-en-grassnyprojek op die R515 langs die brug tussen Suid- en Jennerstraat in Rayton van stapel gestuur.

Hierdie projek volg nadat daar heelwat misdaad in die area plaasgevind het en misdadigers gereeld met die roete langs die brug ontsnap en dan nie opgespoor kan word nie. Die tak het van ’n kontrakteur gebruik gemaak om die gras te sny en ook van die bosse ontslae te raak. Verder is vullis ook verwyder en die area is netjies gemaak.

“AfriForum sal aanhou om misdaad op alle terreine te beveg en om ’n skoner en veiliger omgewing vir almal te verseker. Misdaad is vir almal ’n bekommernis en dit is belangrik dat ons hande neem in die geveg daarteen. AfriForum sal voortgaan om gemeenskappe toe te rus met die nodige kennis om projekte suksesvol aan te pak en om misdaad te beveg,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Suid.

Die tak beplan om vanjaar verskeie groot projekte aan te pak en wil die gemeenskap graag uitnooi om meer betrokke te raak. Besoek gerus AfriForum se Rayton-Cullinan-tak se Facebook-blad en sluit ook by die Telegram-groepe aan. Laai die Telegram-toep gratis af en soek na @AfriForumBuurtBot.

Raak vandag nog by AfriForum se Rayton-Cullinan-tak betrokke om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Rayton/Cullinan” na 45341 (R1).

 

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN