Header Artwork

 

AfriForum se takke in Pretoria, Centurion en die omliggende gebiede het op 25 November 2017 aan dié burgerregte-organisasie se protesoptog teen plaasaanvalle en -moorde deelgeneem. Die optog het vanaf die Pretoria Kunsmuseum na die Uniegebou plaasgevind.
Dít volg nadat AfriForum se takke op 21 November 2017 memoranda aan meer as 100 polisiestasies landwyd oorhandig het om die fokus op plaasaanvalle en -moorde te vestig. Die memorandums is by die Akasia-, Pretoria Sentraal-, Sunnyside-, Brooklyn-, Lyttelton-, Pretoria-Wes-, Wierdabrug-, Silverton-, Garstfontein-, Hercules-, Bronkhorstspruit-, Pretoria-Noord, Sinoville-, Villieria-, Hammanskraal-, Cullinan-, Olifantsfontein-, Pretoria Moot-, Boschkop-, Wonderboompoort-, Eersterust-, Erasmia-, Kameeldrift- en Laudium-polisiestasies oorhandig. Al dié polisiestasies het die memorandums positief ontvang.
Nagenoeg 1 500 mense het ondanks swaar reën aan die optog deelgeneem. AfriForum se buurtwaglede, onder meer van Gauteng, het as veiligheidsbeamptes tydens die optog gedien.

“Dit is belangrik dat ons as gemeenskapslede standpunt teen plaasaanvalle inneem en self ons deel doen om ’n daadwerklike verskil te probeer maak,” sê Lambert de Klerk, distrikskoördineerder vir AfriForum in Gauteng.

AfriForum doen ’n beroep op alle gemeenskappe om by hul plaaslike takke betrokke te raak en aktief aan die buurtwagaktiwiteite deel te neem. Stuur ’n e-pos na lambert@antiek.afriforum.co.za vir meer inligting hieroor.
 

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN