Die AfriForum-tak in Paulpietersburg het op 1 Maart 2021 begin met ’n deurlopende projek om die dorp skoon en netjies te hou. Die projek sal aksies insluit soos om die gras langs die sypaadjies te sny en te sorg dat die sypaadjies oor die algemeen skoon is.
“Ons kon nie meer in die onnetheid vaskyk nie en nié iets daaromtrent doen nie. Die AfriForum-tak het vir eers twee randsnyers aangeskaf,” sê Martin Dedekind, takvoorsitter by AfriForum se Paulpietersburg-tak.
“Ons sien daagliks hoe die plaaslike regerings die gemeenskap in die steek laat met basiese dienste en daarom moet ons self besluit om die situasie te verbeter en ’n toekoms vir onsself te skep,” sê Eugene van Aswegen, provinsiale koördineerder van KwaZulu-Natal.
Dié AfriForum-tak beplan talle aksies wat tot voordeel van die gemeenskap sal strek en die tak nooi graag lede van die gemeenskap uit om betrokke te raak deur die takbestuur te kontak.
Sluit vandag nog by jou naaste tak aan om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak. Stuur ’n SMS met die woord “Paulpietersburg” na 45267 (R1).