Header Artwork
AfriForum se Overstrand-tak maak ’n verskil

AfriForum se Overstrand-tak het op 11 Desember glimbaadjies, windbrekerbaadjies en hoedens aan 24 karwagte, wat in die middedorp van Hermanus werksaam is, geskenk.

Hierdie inisiatief is in samewerking met die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), die Overstrand Munisipaliteit, die Hermanus-buurtwag en die plaaslike polisie aangepak.

“Ons bedank elke persoon wat betrokke was by die suksesvolle afhandeling van hierdie projek. Hierdie is weereens ’n bewys van verskillende organisasies wat bymekaarkom om ons gemeenskap te help en ’n verskil te maak. Die karwagte doen ’n belangrike werk, veral so oor die feesseisoen en ons is dankbaar dat ons in die posisie is om ook op dié manier ’n bydrae te kan lewer,” sê Cuan Elgin, voorsitter van AfriForum se Overstrand-tak.

Raak vandag nog betrokke by AfriForum se Overstrand-tak. Jy kan help om ’n verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Overstrand” na 45265 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN