AfriForum se Hartbeespoort-tak het onlangs ‘n 120 m-lange sementpad in Ou Wapadlaan aangelê. Dié paadjie word deur voetgangers gebruik en is langs ’n laning jong Van Wykshoutboompies aangelê wat al twee jaar lank deur die gemeenskap versorg word.
Hierdie is deel van ’n opknappingsinisiatief in die Ifafi-woonbuurt, wat deur AfriForum se Hartbeespoort-tak geïnisieer en in stand gehou word. “Hierdie projekte skep ’n veiliger en meer verwelkomende omgewing,” sê Fanie Smit, voorsitter van AfriForum se Hartbeespoort-tak.
“Ons doen ’n beroep op die gemeenskap om by selfdoenprojekte van die Hartbeespoort-tak betrokke te raak sodat volhoubare projekte aangepak kan word wat ’n impak het,” sê Charné Blignaut, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.
SMS “Hartbeespoort” na 45350 (R1) om by jou plaaslike AfriForum-tak aan te sluit.