Header Artwork
AfriForum se Mosselbaai-tak vier boomplantmaand saam met plaaslike munisipaliteit

Die AfriForum-tak in Mosselbaai het op 19 September bome in ’n park in Heiderand geplant as deel van dié burgerregteorganisasie se nasionale boomplantmaandprojek.

Die geleentheid is bygewoon deur Dirk Kotze, die waarnemende burgemeester, asook ander raadslede, direkteure verbonde aan die munisipaliteit en amptenare.

Die boomplantmaandprojek is ’n projek wat AfriForum jaarliks oor die land heen aanpak. Die projek bevestig nie net AfriForum en sy lede se geloof in die toekoms nie, maar dit is ook simbolies van die organisasie se selfdoenbeginsel waar mense aangemoedig word om self verantwoordelikheid vir hul gemeenskappe te neem.

“In Mosselbaai is ons in die bevoorregte posisie om uitstekende munisipale bestuur te hê wat altyd bereid is om saam te werk. As tak bedank ons hulle graag daarvoor en die amptenare wat hard werk om ons ’n topbestemming vir toeriste te maak,” sê Louis Cook, voorsitter van AfriForum se Mosselbaai-tak.

“Ons is baie trots op die werksaamhede van die Mosselbaai-tak wat dit oor die jare reggekry het om uiters positiewe bande met die plaaslike regering te smee met ’n wendorp as resultaat,” sê Arno Greyling, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Suid-Kaap.

Raak vandag nog by AfriForum betrokke: SMS “Mosselbaai” na 45342 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN