Drie lede van AfriForum se Moreletapark-tak se Grootfontein-buurtwag het gesertifiseerde vlak 1- en 2-noodhulpopleiding oor die afgelope paar naweke ontvang. Die buurtwag beplan ook om hierdie drie lede vir vlak 3-noodhulpopleiding te stuur.
“Omdat hierdie buurtwag ’n ent uit die stad is, wag hulle soms lank vir nooddienste. Noodhulpopleiding is daarom uiters belangrik,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Pretoria-Suid.
AfriForum doen ’n beroep op die verskeie gemeenskappe in die Tshwane-metropool om by hul plaaslike tak betrokke te raak en aktief aan aktiwiteite deel te neem. Stuur ’n e-pos na lambert@antiek.afriforum.co.za vir meer inligting hieroor.