Header Artwork

 

Lede van AfriForum se Middelburg-buurtwag het gister patrollie-opleiding ontvang.
Volgens Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes, is professionele opleiding belangrik vir elke veiligheidstruktuur.

“Dis belangrik dat AfriForum se buurtwaglede te alle tye binne die raamwerk van die wet optree. Dis verder belangrik dat buurtwaglede die korrekte opleiding ontvang – vir hul eie sowel as die gemeenskap se veiligheid,” sê Coetzer.

Die buurtwag vorm deel van AfriForum se plaaslike takstruktuur en het ten doel om die gemeenskap in samewerking met die polisie in tye van nood by te staan.

“Die AfriForum-buurtwag is hier om ’n daadwerklike verskil te maak en te help om misdaad te bekamp. Ons moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak en nooi alle veiligheidstrukture uit om saam met die buurtwag te werk,” sê Chris Olivier, voorsitter van dié buurtwag.
“Hoe meer mense betrokke raak, hoe groter die impak en verskil wat ons in Middelburg kan maak,” sê Johan De Beer, voorsitter van AfriForum se Middelburg-tak.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN