Header Artwork
AfriForum se Lydenburg-tak maak duikweg skoon deur 25 ton grond weg te ry

AfriForum se Lydenburg-tak het in Junie die duikweg in Lydenburg skoongemaak. Hierdie projek is begin om die algehele netheid van die duikweg in die dorp te verbeter, die pad te beveilig en onderhoud te vergemaklik. Die slote vir dreinering is ook oopgemaak en skoongemaak.

Meer as 25 ton grond wat opgeskep is vanaf die padoppervlak in die duikweg is deur die tak weggery. Grond op die padoppervlak kan mense se lewens in gevaar stel en lei tot die agteruitgang van die padoppervlak, veral as dit gereën het.

“Hierdie projek wys net hoe min aandag die Thaba Chweu Plaaslike Munisipaliteit aan algehele instandhouding in die dorp spandeer en dit is onaanvaarbaar,” sê Erich Venter, voorsitter van AfriForum se Lydenburg-tak.

Sluit vandag aan by AfriForum se Lydenburg-tak: SMS “Lydenburg” na 45340 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN