Header Artwork
AfriForum se Langebaan-tak bou vir die toekoms   

AfriForum se nuutgestigde tak in Langebaan het op 5 Junie 2021, in samewerking met die Long Acres Huiseienaarsvereniging, Wêreldomgewingsdag behoorlik gevier deur ’n skoonmaakprojek aan te pak en die groenstrook in Long Acres skoon te maak.

Die dag se werksaamhede is afgesluit met die plant van ’n wildevyboom (Ficus thonningii; ook bekend as Ficus burkei), koorsboom (Acacia xanthophloea) en sandolyf (Dodonaea viscosa var. Angustifolia).

“Die doel van hierdie dag is om mense bewus te maak van die noodsaaklikheid daarvan dat die omgewing en natuurlike hulpbronne met sorg hanteer en bewaar moet word. Ons bedank elkeen wat hulp verleen het om van die projek ’n sukses te maak,” sê Gerard Brune, AfriForum-lid en koördineerder van die Long Acres Huiseienaarsvereniging.

“Om ’n boom te plant bied die perfekte geleentheid om ’n blywende verskil in ons gemeenskappe te maak en in ons toekoms te belê. Dis verblydend om die krag in gemeenskappe te sien,” sê Johardt van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder in die Boland.

Raak betrokke by soortgelyke inisiatiewe van AfriForum se Langebaan-tak: SMS “Langebaan” na 45350 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN