Header Artwork
AfriForum se Klerksdorp-tak oorhandig hommeltuigbatterye aan buurtwagte   

Die AfriForum-tak in Klerksdorp het op 24 Februarie agt hommeltuigbatterye ter waarde van R23 000 aan die veiligheidstrukture van Hartbeesfontein en Klerksdorp onderskeidelik oorhandig.

Die tak het in 2020 ’n hommeltuig aangekoop wat nou hoofsaaklik in Hartbeesfontein deur die AfriForum-buurtwag in die omgewing gebruik word. In Klerksdorp het ’n sakeman ’n hommeltuig aan die veiligheidstrukture daar beskikbaar gestel.

Hierdie gevorderde toerusting word daagliks in misdaadvoorkomingsaksies, soektogte en brandbestryding gebruik. Die hommeltuie kan ’n wyer area dek en ’n video-opname maak van die area wat deursoek moet word. Die hittesensors dra ook daartoe by dat hierdie hommeltuie selfs saans tydens patrollies en so meer gebruik kan word.

Volgens Frans Roos, takvoorsitter van die AfriForum-tak in Klerksdorp, beskik dié tak oor drie geakkrediteerde operateurs wat omvattende opleiding ontvang het. Die tak beoog om nog twee lede vir opleiding te stuur.

“Die aankoop en instandhouding van die toerusting is slegs as gevolg van die gemeenskap en lede se bydraes moontlik. Dit versterk buurtwagte sodat hulle uitmuntende dienste kan lewer,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mooirivier.

Kontak vir Theo Gresse by 083 232 3405 of theo.gresse@gmail.com om meer oor veiligheidstrukture of buurtwagte in Klerksdorp uit te vind.

Sluit vandag nog by AfriForum aan en help ons om ’n daadwerklike verskil in mense se lewens te maak. Word deel van die oplossing: SMS “Klerksdorp” na 45351 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN