Header Artwork


AfriForum se Kathu-tak het op 8 Maart 2019 ’n aandmark by die Kalahari Country Club (KCC)-terrein gehou, terwyl dié tak ook aan AfriForum se nasionale patrollie deelgeneem het.

Vrywilligers het Vrydagaand by die terrein bymekaargekom om aan AfriForum se nasionale patrollie deel te neem en verskeie uitstallers het ook van dié geleentheid gebruik gemaak om hulle produkte te verkoop.

“Die aand was ’n reusesukses en die gemeenskap het dit baie geniet. Ons doen ’n beroep op die gemeenskap om by ons projekte betrokke te raak – dit is tog ten gunste van die hele gemeenskap,” sê Gonda Louw, distrikskoördineerder vir die Kalahari.

Die volgende persone en instansies het ’n groot bydrae tot die aand se sukses gemaak: Just Water, Talisman Hire, Jan Kruger, JWC Sekuriteit, Wickus Joubert, KCC, al die uitstallers en ook die AfriForum-buurtwag en -buurtwagbestuur. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens was ook by die aand se verrigtinge betrokke.
Die Kathu-buurtwag het verder op Saterdag 9 Maart 2019 die plaaslike Voortrekkers se kampterrein besoek vir die onthulling van hul nuwe Voortrekkerwapen en die kamp se hindernisaktiwiteite.
Raak vandag nog by dié tak betrokke en help om ’n verskil te maak: Stuur ’n e-pos aan gonda.louw@antiek.afriforum.co.za of skakel 083 288 7103.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN