Header Artwork
AfriForum se Kamieskroon-tak werk saam met Helpende Hand om kos uit te deel

Die AfriForum-tak in Kamieskroon het op 31 Augustus in samewerking met Solidariteit Helende Hand 15 kospakke aan behoeftige gesinne uitgedeel. Een kospak kan ’n gesin van vier vir ’n maand lank onderhou.

Die kospakke bevat onder meer 5 kg-pakke rys, stampmielies, mieliemeel en koekmeel, asook melk, konfyt, blikkiesvis, soppoeier, pasta en grondboontjiebotter.

Helpende Hand het die helfte van die kospakke se inhoud geskenk en die oorblywende gedeelte is aangekoop met die tak se fondse.

As gevolg van die COVID-19-pandemie het die tak dit goedgedink om gesinne wat hul inkomste weens die inperking verloor het te ondersteun met dié skenkings. Die COVID-19-krisis het baie gesinne onkant betrap en hulle was nie finansieel daarop voorbereid om voedsel en die nodige toiletware aan te koop nie.

Groot nood het in gemeenskappe ontstaan nadat sommige mense nie tydens die inperking salarisse ontvang het nie of selfs hul werk verloor het omdat talle ondernemings hul deure moes sluit.

“Kamieskroon is geheel en al afhanklik van die toerismebedryf in die Noord-Kaap en met die inperkingstyd het talle inwoners hul inkomste verloor,” sê Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari.

Maak vandag nog ’n verskil in jou gemeenskap en raak betrokke by jou plaaslike AfriForum-tak: SMS jou naam na 32532 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN