Header Artwork
AfriForum se Kamieskroon-tak help met die bou van traumakamer by SAPD

Die AfriForum-tak in Kamieskroon het saam met die plaaslike SAPD gewerk om ’n traumakamer en toiletgeriewe buite die polisiekantoor by ’n ongebruikte geboutjie aan te bou en in te rig.

Die polisiekantoor vra reeds al vir ’n klompie jare dat die munisipaliteit só ’n traumakamer in hulle begroting insluit, maar daar het tot op hede niks van gekom nie.

AfriForum se Kamieskroon-tak het van hulle takfondse beskikbaar gestel vir die bou en inrig van hierdie traumakamer en toiletgeriewe. Gideon van Lill, voorsitter van AfriForum se Kamieskroon-tak, het self moue opgerol en gehelp met die houtwerk en installering van die deure en houtstrukture in die kamer.

Die toerusting en boumateriaal, wat die rioolpype, wasbak en toilet insluit, het die tak sowat R7 500 gekos.

“Hierdie traumakamer is ’n noodsaaklikheid vir die inwoners van Kamieskroon. Hospitale en klinieke is baie vêr en wanneer noodhulp dringend nodig is, neem dit soms ure vir mediese hulp om in Kamieskroon aan te kom,” sê Van Lill.

Maak vandag nog ’n verskil in jou gemeenskap en raak betrokke by jou plaaslike AfriForum-tak: SMS jou naam na 45350 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN