AfriForum se Fochville-tak het as deel van AfriForum se monumentoudit op Saterdag 13 Maart 2021 ’n skoonmaakprojek van stapel gestuur by die Fochville Groot Trek-gedenkmonument.
Die skoonmaakprojek is saam met gemeenskaplede en ander rolspelers aangepak en sowat 25 mense het met die projek gehelp. Die tak het gras gesny, bome gesnoei en met insekdoder bespuit. Sowat 80 swart sakke gevul met vullis is weggery.
Volgens Jaco van der Merwe, voorsitter van AfriForum se Fochville-tak, is dit belangrik dat die geskiedenis en monumente bewaar moet word. “Dit laat ’n mens goed voel as daar so baie mense is wat nog ’n verskil in hul omgewing wil maak,” sê Van der Merwe.
Maak vandag nog ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap. Sluit by jou plaaslike AfriForum-tak aan: SMS jou naam na 45342 (R1).