Header Artwork
AfriForum se Centurion-tak verwyder meer as 1 500 swart sakke vol vullis

Die AfriForum-tak in Centurion werk voortdurend om die omgewing te verbeter en die gemeenskap te versterk. Dié tak het sedert die begin van die jaar verskeie groot projekte aangepak om juis dít te bereik.

AfriForum se Centurion-tak het reeds vier volhoubare projekte afgeskop waar werkers aangestel is om sekere gebiede in Centurion skoon en veilig te hou. Hierdie werkers maak weekliks sypaadjies skoon, tel vullis op en sny gras teen heinings wat beskou word as wegkruipplekke of ontsnappingsroetes vir misdadigers. Hierdie projekte vind plaas in Highveld, Valhalla en die ou militêre begraafplaas by Voortrekkerhoogte.

Sedert die aanvang van hierdie projekte is daar meer as 1 500 swart sakke vol vullis verwyder, honderde liters brandstof gebruik en vragte vol bossies en gras verwyder. Die algehele toestand van die gebiede het dus aansienlik verbeter.

“Die tak is dankbaar teenoor elke lid wat dit vir ons moontlik maak om hierdie tipe projekte te dryf. As ons saamwerk kan ons berge versit. Indien jy nog nie deel is hiervan nie en wil help om hierdie projekte te versnel, moedig ons jou aan om betrokke te raak om saam ’n verskil te maak,” sê André de Bruyn, voorsitter van AfriForum se Centurion-tak.

“AfriForum sal aanhou om projekte aan te pak wat die omgewing skoner en veiliger vir almal maak. Projekte soos hierdie maak dit vir ons moontlik om ’n verskil te maak en daar waar die staat nie meer die werk verrig nie, kan ons dit volhoubaar doen. AfriForum se Centurion-tak beplan om Centurion so skoon en veilig as moontlik te maak en dit weer ’n voorstad te maak waarop ’n mens kan trots wees,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Suid.

Die tak beplan om deur die loop van die jaar verskeie groot projekte aan te pak en wil die gemeenskap uitnooi om hul Facebook-blad dop te hou en by die groepe op die Telegram-toep aan te sluit.

Raak vandag nog by AfriForum se Centurion-tak betrokke om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Centurion” na 45341 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN