Met die versnelde tempo waarteen staatsverval plaasvind, is al hoe meer gemeenskappe besig om self in te gryp om hul dorpe veiliger en skoner te maak. Die AfriForum-tak in Centurion het sedert die begin van sy #VegEnBou-projek reeds ’n daadwerklike verskil in verskeie gemeenskappe in dié gebied gemaak. Die projek pak verskeie knelpunte in die gemeenskap aan sodat vooruitgang in dié stad nie verhinder word nie.