Die AfriForum-tak in Centurion het sedert die begin van die jaar al meer as 150 ha gras in dié stad gesny. Vandeesweek het die tak gras gesny en skoongemaak by die Centurion-jukskeiklub.
Verskeie inwoners en kranige jukskeispelers het die tak genader en gevra om hulp omdat die jukskeibaan se gras maande laas gesny en instandgehou is. Baie van die spelers was gretig om weer te begin speel ná die inperking maar weens die toestand van die baan was dit nie moontlik nie.
“AfriForum help graag oral waar dit vir die organisasie moontlik is. Dit is vir ons heerlik om te sien hoe inwoners weer die jukskeibaan kan geniet en hul daaglikse oefening inkry. AfriForum sal aanhou om gemeenskappe te ondersteun en druk toe te pas op munisipaliteite waar nodig,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Suid.
Die tak beplan om vanjaar verskeie groot projekte aan te pak en wil die gemeenskap graag uitnooi om meer betrokke te raak. Besoek gerus die AfriForum-tak in Centurion se Facebook-blad en sluit ook by die Telegram-groepe aan. Laai die Telegram-toep gratis af en soek na @AfriForumBuurtBot.
Raak vandag nog by AfriForum se Centurion-tak betrokke om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Centurion” na 45341 (R1).