Header Artwork
AfriForum se Centurion-tak pak probleme in die gemeenskap aan

Die AfriForum-tak in Centurion het sedert die begin van die jaar al 11 verskillende projekte aangepak om ’n verskil in die gemeenskap te maak en die omgewing te verbeter tot voordeel van almal wat daar woon.

Die tak is die afgelope week besig om die sypaadjies netjies te maak en gras te sny rondom Oscarstraat. Die tak het ook weer eens die gebied rondom die posbusse in Gulfosslaan skoongemaak deur gras te sny en vullis te verwyder. Dié gebied het veral ’n gevaar vir bejaardes ingehou omdat hulle gereeld die posbusse besoek. Daarom is daar besluit om te verseker dat die gebied netjies en skoon gehou moet word.

Verder is die tak besig om Furman Park in Valhalla weer op te knap. Ná die baie reën die afgelope tyd staan die gras baie hoog. Vullis word ook nie verwyder nie en het in die park opgehoop. Die tak het met die hulp van ’n kontrakteur ingespring en die gras gesny en die vullis verwyder.

“AfriForum sal aanhou om gemeenskappe by te staan en probleme aan te pak. Ons is besig om ’n beter omgewing vir almal te skep en daarom sal ons aanhou om ’n sukses van hierdie tipe projekte te maak. Ons wil graag elke bestuurslid en gemeenskapslid wat hierby betrokke is bedank vir al hulle harde werk,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Suid.

“Baie dankie vir al die glimlagte en positiewe opmerkings, julle hou ons aan die gang. Stadig maar seker is ons besig om ’n groot verskil te maak,” sê André de Bruyn, voorsitter van AfriForum se Centurion-tak.

Die tak beplan om verder vanjaar verskeie groot projekte aan te pak en wil die gemeenskap graag uitnooi om meer betrokke te raak. Besoek gerus die AfriForum-tak in Centurion se Facebook-blad en sluit ook by die Telegram-groepe aan.  Laai die Telegram-toep gratis af en soek na @AfriForumBuurtBot.

Raak vandag nog by AfriForum se Centurion-tak betrokke om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Centurion” na 45341 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN