Header Artwork
AfriForum se Centurion-tak maak Valhalla veiliger

AfriForum se Centurion-tak het onlangs twee kameras op strategiese plekke in die Valhalla-omgewing opgesit om te help om misdaad te beveg.

Die tak het verskeie klagtes ontvang oor misdaad in die gebied en het reeds die kanaal in Valhalla skoongemaak en ontbos. Misdadigers het gereeld dié kanaal as ’n ontsnappingroete gebruik. Die een kamera is by die kanaal opgerig om beweging rondom die kanaal te moniteer en terselfdertyd mense wat hulle skuldig maak aan onwettige storting te identifiseer. Die tweede kamera is ’n boskamera wat in ’n misdaadgeteisterde gebied opgerig is. Dit sal van groot hulp wees om misdadigers dop te hou wat hierdie roete gebruik.

“Dit is belangrik dat die gemeenskap saam met rolspelers werk om misdaad suksesvol te beveg. Ons kan soveel meer bereik as ons saamwerk. AfriForum se Centurion-tak beplan verskeie ander projekte in die toekoms om verder by te dra tot die veiligheid van die gemeenskap,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Suid.

“Ons wil graag die gemeenskap uitnooi om meer betrokke te raak by die tak en buurtwag sodat ons saam ’n groter verskil in die gemeenskap kan maak,” sê Nel.

Die gemeenskap word uitgenooi om AfriForum se Centurion-tak se Facebook-blad dop te hou en om by die groepe op die Telegram-toep aan te sluit.

Raak vandag nog by AfriForum se Centurion-tak betrokke om ’n daadwerklike verskil in jou gemeenskap te maak: SMS “Centurion” na 45340 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN