AfriForum se Bronkhorstspruit-buurtwagte in Klipeiland en Arborpad het 26 Augustus 2018 in samewerking met die Wilgerivier-brandvereeniging en GE Response ’n groot vuur by Klipeiland geblus.
Dié gesamentlike poging het voorkom dat ’n gemeenskapslid se huis afbrand. Die oorsaak van die brand is steeds onbekend.
“Goed georganiseerde veiligheidstrukture het ons lede in staat gestel om vinnig op te tree. Dít is waarom dit belangrik is dat gemeenskapslede by veiligheidstrukture betrokke raak en ook goeie kontak met ander gemeenskapsinstellings het,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng-Noord.
AfriForum doen ’n beroep op die verskeie gemeenskappe in die Tshwane Metropool om by die plaaslike takke betrokke te raak en aktief aan aktiwiteite deel te neem. Vir meer inligting hieroor, stuur ’n e-pos aan lambert@antiek.afriforum.co.za.