Header Artwork
AfriForum se Brits-tak werk saam met die gemeenskap om paaie te verbeter

Die AfriForum-tak in Brits het op 23 en 24 Februarie in samewerking met Solidariteit Helpende Hand se Soetdoring-tak, die Vryheidsfront Plus, Buco-Brits en plaaslike boere herstelwerk aan die Bethanie-pad gedoen. Die projek is van die R511 tot by die Berseba-, Bethanie-, Sandrif-t-aansluiting van stapel gestuur. Die stuk pad, wat oor ongeveer 4,5 km strek, was byna onbegaanbaar, maar is nou in ’n baie beter toestand ná die verbeterings aangebring is.

“Die paaie in die Brits-omgewing is in ’n haglike toestand omdat die nodige onderhoud en herstelwerk nie deur die verantwoordelike partye gedoen word nie. Die herstel van slaggate is daarom vir ons ’n groot prioriteit en ons wil inwoners en organisasies wat gefrustreerd is aanmoedig om die tak te kontak om ook by hierdie projekte betrokke te raak,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

“Ons wil aanhou om die omgewing se paaie te verbeter omdat dit tans in ’n onaanvaarbare toestand is. Die Brits-tak vra daarom dat die gemeenskap betrokke sal raak by die tak sodat ons hierdie projekte op groot skaal kan dryf. Ons wil ook graag die gemeenskap bedank vir elke bydrae wat die werk wat reeds gedoen is, moontlik gemaak het. Die projek sou beslis nie moontlik gewees het as verskeie organisasies nie hande gevat het en die probleem saam aangepak het nie,” sê Johan de Klerk, voorsitter van AfriForum se Brits-tak.

Inwoners wat graag by Solidariteit Helpende Hand se Soetdoring-tak betrokke wil raak, kan vir Jolanda Louwrens by 061 054 4194 kontak.

Word vandag nog deel van AfriForum se Brits-tak en word deel van die verskil: SMS “Brits” na 45351 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN