Die burgerregte-organisasie AfriForum het gister begin om 738 m2 se slaggate in die strate van Bloemfontein teen ’n koste van R250 000 te herstel. Die eerste aksie het in Fleurdal afgeskop.
“Ons gemeenskap kan nie meer terugstaan en toekyk hoe ons stad agteruitgaan nie. AfriForum sal gedurende die jaar soortgelyke projekte in Bloemfontein aanpak en sodoende die gemeenskap bystaan om te verseker dat die stad se toestand nie verder versleg nie. AfriForum se Bloemfontein-takke is hier om ’n positiewe verskil in ons stad te maak en doen ’n beroep op die gemeenskap om betrokke te raak. Ons moet minder van die regering afhanklik wees en eerder selfonderhoudend word,” sê Pieter Myburg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.
Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Gat” na 45266 (R1).