Header Artwork
AfriForum se Bethal-tak veg voort teen verval van dorp

Die AfriForum-tak in Bethal het onlangs nóg projekte van stapel gestuur om dié dorp op te knap te midde van die munisipaliteit se versuim om iets aan die verval te doen.

Een van die eerste projekte was om die Nestlé-brug skoon te maak en die gras by die kruising te sny. Daar is talle voetgangers in hierdie omgewing en weens die lang gras was voetgangers genoodsaak om in die pad te loop. Dit het ’n risiko vir hulle veiligheid omdat die verkeer hier teen hoë spoed beweeg. Die tak het ook die gras langs die N17 by die Bethal-polisiekantoor gesny.

Op Saterdag 20 Februarie het die AfriForum-tak ook slaggate in Buffelstraat herstel. Die stopteken op die hoek van Buffelstraat en Koedoestraat is ook herstel. Star Trailer Hire in Bethal en W&H Sand en Stene het toerusting en ’n sleepwa beskikbaar gestel om dié projek te voltooi.

“Hierdie projekte is reeds ’n paar jaar aan die gang en maak ’n verskil in die dorp en in mense se lewens,” sê Ingrid Human, voorsitter vir die AfriForum-tak in Bethal. “Volhoubare projekte soos hierdie is die eerste stap na selfbeskikking.”

Die tak het ook mieliemeel geborg vir die Bethal Sopkombuis, waar 90 gesinne van maaltye voorsien word. Dit is ’n deurlopende projek.

Raak by jou naaste AfriForum-tak betrokke: SMS jou naam na 45350 (R1).

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN