Die AfriForum-tak in Bethal het Laerskool Marietjie van Niekerk op 24 Februarie gehelp om die klaskamers, die administrasiegeboue en die skoolsaal te saniteer.
Personeel van dié laerskool het vroeër die maand positief getoets vir COVID-19 en die skool moes noodgedwonge gesluit word. Die AfriForum-tak in Bethal het die skool gratis gesaniteer.
“Skole is onder geweldige finansiële druk en om ’n skool te saniteer dra by daartoe. Dit is juis waarom ons wil help met projekte soos dié om die las ligter te maak,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir AfriForum in die Laeveld.
Raak by jou naaste AfriForum-tak betrokke: SMS jou naam na 45350 (R1).