Die AfriForum-tak in Bethal het op 29 Januarie 2021 90 sakkies meel van 12,5 kg elk aan die Bethal-sopkombuis geskenk. Dít volg nadat die sopkombuis ’n versoek om hulp gerig het.
Die Bethal-sopkombuis ondersteun tans 90 gesinne wat in nood verkeer. Weens die huidige inperkingsregulasies word die sopkombuis verhoed om sy normale fondsinsamelingsprojekte soos die jaarlikse visvangkompetisie te hou. Genoemde skenkings kom hoofsaaklik van boere in die omgewing en is aan AfriForum geskenk om diegene by te staan wat as gevolg van die streng COVID-19-inperkingsregulasies werkloos gelaat is.
“AfriForum se tak in Bethal sal vir die volgende paar maande die sopkombuis ondersteun en met hierdie projek help en moedig mense aan om betrokke te raak met noodverligting en ander soortgelyke projekte in Bethal,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.
Raak vandag nog by jou naaste AfriForum-tak betrokke: SMS jou naam na 45350 (R1).