Header Artwork


Die burgerregte-organisasie AfriForum rig vandag opnuut ’n versoek aan gemeenskappe om by hulle plaaslike buurt- of plaaswagte aan te sluit ten einde meer Suid-Afrikaners te kan beveilig. Indien daar nie veiligheidstrukture tot mense se beskikking is nie, kan hulle AfriForum kontak om hulle by te staan in die vestiging van strukture, of selfs te verwys na strukture waarby hulle kan aansluit. 

“Talle mense vra vir ons wat gedoen kan word om ons land weer veilig te maak. Ons moet egter self begin beveilig binne die wetlike raamwerk. Buurt- en plaaswagte is bewese konsepte wat misdaad saam met die polisie en privaat sekuriteit kan hokslaan,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

Cameron sê voorts dat AfriForum eersdaags die datum van die AfriForum 911-veiligheidsberaad bekend sal maak.

“Ons sal ook binnekort in die aanloop tot die veiligheidsberaad meer besonderhede oor ons aangepaste nasionale veiligheidstrategie bekend maak.”

Die SAPD erken AfriForum se veiligheidstrukture as amptelike vennoot in die geveg teen misdaad.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN