Header Artwork


Die burgerregte-organisasie AfriForum het na afloop van ’n gesamentlike skoonmaakaksie in die Faerie Glen-area in Pretoria ’n aantal vullisdromme in ’n park teen die Moreletaspruit neergesit om só te help om die gemeenskap skoon te hou.

“Ons hoop dat dié vullisdromme sal help om die area skoon te hou en mense aan te moedig om nie te mors nie,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se streekskoördineerder vir Gauteng. “AfriForum wil tot ’n beter, skoner en veiliger gemeenskap bydra en ons vra dat inwoners by ons plaaslike takke betrokke raak om dit vir ons moontlik te maak.”

Om by die plaaslike tak betrokke te raak, SMS “Asblik” na 45341 of stuur ’n e-pos na lambert@antiek.afriforum.co.za en maak ’n verskil in jou gemeenskap.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN