Header Artwork
AfriForum open kantoor in Wes-Kaap

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandeesweek sy kantoor in Durbanville in die Wes-Kaap geopen. AfriForum het meer as 40 000 lede in dié provinsie en gaan verskeie gemeenskapsprojekte, veral rakende veiligheid, vanuit dié kantoor en deur sy plaaslike takke in die provinsiale strukture, bestuur. AfriForum beywer hom ook vir groeiende outonomie in dié provinsie en sien die desentralisering van mag as oplossing vir die krisis in die land.

William Waugh, hoof van organisasiebou by AfriForum, sê die groeiende outonomie van die Wes-Kaap is ’n belangrike deel van die organisasie se strategie. “Ons is hier om ’n nederige begin te maak tot daardie strategie. Wat belangrik is vir AfriForum is om na die behoeftes te kyk van sekere streke en gemeenskappe. Daar is byvoorbeeld beheerkamers in ander provinsies omdat daar ’n nood daarvoor is. Daar is ’n behoefte aan goeie koördinering in die Wes-Kaap en niks doen dit beter as ’n kantoor nie.”

Waugh sê een van AfriForum se hoofdoelwitte in die Wes-Kaap is om sterker gemeenskappe te ontwikkel. “Sterker gemeenskappe het ’n sterker vlak van besluitneming oor hulle toekoms en ons wil hoop skep vir daardie toekoms. Dienslewering in dié provinsie is minder van ’n probleem in vergelyking met die noorde van die land. Hier is ander soorte uitdagings waarvan veiligheid ’n baie belangrike komponent is. AfriForum is ook hier om na die uitdagings van mense in dié provinsie te luister.”

 

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN