AfriForum het vandeesweek sy kantoor in Durbanville in die Wes-Kaap amptelik geopen. Die burgerregte-waghond het byna 40 000 lede in dié provinsie en gaan verskeie gemeenskapsprojekte, veral rakende veiligheid, vanuit dié kantoor en deur sy plaaslike takke in die provinsiale strukture, bestuur. AfriForum beywer hom ook vir groeiende outonomie in dié provinsie en sien die desentralisering van mag as oplossing vir die krisis in die land.